top of page

Pinte-rus
Hier deel ons mooi goed, idees en inspirasie wat ons in die winkels en plekke rondom ons teekom.

HOUERS WAT WERK
Hierdie houers in hul pragtige kleure laat jou kaste netjies en georganiseerd lyk. Die kleiner houers pas mooi op die groottes en dit raak selfs handiger as jy mooi naamplakkers opsit. Dit is handig vir speelgoed of die tuiskantoor, maar ek het dit sommer vir my grootmaat suiker, meel en peuselhappies in die koskas ook gebruik. Tans by Crazy Store beskikbaar.

LIEFLIKE OLIES
U-face is 'n eg Namibiese produk wat teenveroudering keer en jou vel vars en jonk laat voel. Jy gooi net 'n paar druppels in jou dag- of nagroom. Ek het dit self probeer, en dit ruik vreeslik lekker terwyl dit op jou vel wondere verrig!
bottom of page