top of page

Profile

Join date: Nov 19, 2022

Posts (125)

Mar 10, 20263 min
SEISOEN
10 Maart 2026 My Woord vir die Week is Seisoen. As ek na die rye en rye groen berge kyk wat by my venster uitrol, en die droomverlore wolke in die lug, lug wat ruik soos reën en belofte, dan voel hierdie soos die mooiste, beste seisoen waarin ons nou is. Ek sien die Here se hand in die natuur en in my lewe en voel Sy warm teenwoordigheid soos sonlig op my rug. My kinders is gesond en werk hard, ons kan ‘n vinnige wegbreek bekostig en ek voel vriendelik, vrygewig en beheersd. Maar ek is...

19
0
Feb 3, 20263 min
DONKIE
2 Februarie 2026 My Woord vir die Week is Donkie. Nie die donkie van donkie-jare terug wat klaarblyklik so ‘n wonderlike ding was nie... ( o die donkie... die donkie is 'n wonderlike ding.. .) Eerder die donkie wat na baie keer se kopstamp teen dieselfde klippe geleer het dat daar nie maklike paadjies is nie. Of dat hulle jou nie noodwendig gaan uitbring by die plekke wat jy opnuut moet ontdek en in groei nie. Donkies laat my dink aan vaal, stowwerige grondpaaie en plek-plek skadu-kolle...

36
0
Jan 24, 20263 min
'n WOORD VIR DIE WEEK
25 Januarie 2025 " Wat is jou Woord vir die Jaar ?" hoor jy om elke hoek en draai aan die begin van die jaar, en ek self het daardie einste vragie nou al holrug gery - soveel so dat ek wil hol. Ek besluit nog of ek terug of vorentoe wil gaan, maar het darem dit goedgedink om aan te hou beweeg en nie stil te staan in my benoudheid en ontnugtering nie. Dit klink my darem ek is nie die enigste een wat sommer in Januarie al die swembrille en tjoeps moes nader trek om die storms te oorleef nie. ...

37
0
6
elsabehorn4elsabehorn4

elsabehorn4

Admin
More actions
bottom of page