top of page
IMG_5578 2.HEIC

RESEPTE

Daar is baie resepte daar buite, maar 'n resep kry eers lewe as mense geniet het om dit te eet of daar 'n mooi storie daaraan gekoppel is.  Hier is resepte wat uitgetoets is en wat werk en ek deel graag die stories van waar dit vandaan kom.  Hoop jy geniet dit!  Indien jy 'n familie resep het wat werk, stuur dit gerus vir ons.

My resepte

Wortelkoek

 

Ek maak al vir jare SARIE se wortelkoekresep.  Dit het die perfekte balans tussen neute, speserye en soetigheid en kom altyd mooi uit.  Na 'n dag of twee is dit selfs lekkerder!  Soos gewoonlik, verminder ek altyd die suiker en gebruik soms bruinsuiker in plaas van wit vir hierdie resep.

RESEP

 

500 ml suiker

4 groot eiers

3 ml vanieljegeursel

375 ml sonneblomolie

500 ml koekmeel

5 ml bakpoeier

10 ml koeksoda

10 ml fyn kaneel

250ml okkerneute, gekap

250ml fyn pynappel, dreineer

750ml gerasperde wortel

200ml fyn klapper

Tamatie confit

Sonja de Beer, naaswenner van een van die Kokkedoor kompetisies op Kyknet, is verlangs familie en het in my deurmekaar ou kombuis kom kosmaak vir my vriendinne.  Dit was 'n absolute fees en sy het ons siele kom verkwik.  Daarmee saam het sy 'n paar resepte agtergelaat wat werk en soos huis proe.  Hierdie "konfyt" is ideaal saam met braaivleis, op pizza of in pasta en ek sit dit op 'n gourmet burger (resep ook op hierdie blad).

RESEP

Oop burger

Ek hou van gewone, eenvoudige huiskos, maar het baie min familie resepte wat ek slaafs navolg.  Tot die (soms) frustrasie van my huismense, probeer ek altyd 'n nuwe twist op bekende geregte.  Soms werk dit, soms nie.  So is ek mal oor burgers, maar bestel dit nooit nie, want dis net te veel brood.  Ek is mal oor die "naked" en "deconstructed" tendens waar jy die kernidee van die dis behou, maar die komponente bietjie uitmekaar haal sodat elkeen werklik tot sy reg kom.  Soos hierdie burger. Goeie, heilsame beesvleis. Geroosterde broodjie, maar net 'n halwe een. Met Sonja de Beer se tamatie confit. Yum.

 

RESEP 

Small Title

This is a Paragraph. Click on "Edit Text" or double click on the text box to start editing the content and make sure to add any relevant details or information that you want to share with your visitors.

Section Title

This is a Paragraph. Click on "Edit Text" or double click on the text box to start editing the content and make sure to add any relevant details or information that you want to share with your visitors.

Slide Title

This is a Paragraph. Click on "Edit Text" or double click on the text box to start editing the content.

bottom of page