top of page

Wortelkoek

Prep Time:

Cook Time:

1 Uur

Serves:

Level:

About the Recipe

Ek is nie baie lief vir koek nie, of liewer, 'n koek moet redelik spesiaal wees voor ek dit inskep. Wortelkoek is 'n gunsteling, want dit het bietjie crunch en kleur wat dit ten minste interessant maak. Ek weet dis nie gesonder as ander koeke nie, maar ons kinders kry sommer ook hul daaglikse groente so saam met die suiker in, sonder veel moeite.

Ingredients

  • 500 ml suiker

  • 4 groot eiers

  • 3 ml vanieljegeursel

  • 375 ml sonneblomolie

  • 500 ml koekmeel

  • 5 ml bakpoeier

  • 10 ml koeksoda

  • 10 ml fyn kaneel


  • sout


  • 250ml okkerneute, gekap

  • 250ml fyn pynappel, dreineer

  • 750ml gerasperde wortel

  • 200ml fyn klapper

Preparation



Die suiker en eiers word saamgeklits tot lig en romerig en olie bietjies-vir-bietjies bygeklits. Sif die meel, bakpoeier, koeksoda, kaneel en sout en meng dit by die eiermengsel in. Meng ook die neute, pynappel, wortel en klapper by. Spuit twee panne en voer uit met bakpapier. Gooi die mengsel in albei panne en bak by 180grade Celcius vir 45 minute tot 'n uur.



bottom of page